GHOLF  – Cara Gorlei sal as een van die gunstelinge afslaan wanneer die Supersport Dames Uitdaagreeks Donderdag op die Gary Player Buiteklub in Sun City begin.

Gorlei wat van Milnerton in die Kaap afskomstig is sal hoop om haar goeie spelpeil van laasweek voort se sit na haar 5de plek in die Dimension Data sowel as ‘n gesamentlike 2de plek in die Sunbet Kaapstad Dames Uitdaagreeks twee weke gelede.

Die prysgeld is van R400 000 opgeskuif na R1.3 miljoen wat ‘n reuse aansporing vir Gorlei en die ander plaaslike en internasionale spelers sal wees wat vir die 1ste keer om diè gesogte titel gaan meeding.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×