GHOLF – Linn Grant van Swede het gister ‘n 3 onder syfer 69 gespeel en die voortou geneem op die eerste dag van die Jabra Classic in die Sonskyn Reeks op Glendowner in Edenvale.

Met ‘n dag wat heelwat brouhoue opgelewer het, het Grant slegs een hou aan syfer afgestaan tesame met 4 voëltjies en is ‘n kortkop voor die huidige Suid-Afrikaanse Ope kampioen Lee-Anne Pace terwyl Florentyna Parker, Cara Gorlei en laasweek se kampioen Paula Reto die gesamentlike derde plek deel.

Die toernooi met prysgeld van 1 miljoen rand loop môre ten einde.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×