GHOLF   –  Na ’n afwesigheid van 3 jaar gaan Hong Kong ook weer ’n internasionale toernooi aanbied nadat Covid regulasies in diè land ook verslap is.

Die laaste toernooi was aangebied in Januarie 2020 en volgens die Toer Kommissaris en Uitvoerende Hoof – Cho Minn Thant –  is hulle baie opgewonde om diè toernooi weer by die ikoniese Hong Kong Gholf Klub aan te bied.

Die Hong Kong Ope – wat ook die 7de een op die Asië Toer is –  vind plaas tussen 23 en 26 Maart met prysgeld van $1 000 000. Hong Kong sal ook nog ’n verdere geldelike inspuiting ontvang wanneer Wêreld 7’s Rugby-toernooi ook die daaropvolgende week in die stad gaan plaasvind. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×