GHOLF  – Die 36-jarige Amerikaanse hotklou Brian Harman – wat ook baie trek na die gewese Australiese krieketspeler Ricky Ponting – het die gholfwêreld van hom laat kennis neem nadat hy die Britse Ope op die Royal Liverpool-baan met ’n gemaklike 6 houe gewen het.

Die triestige Engelse weer het nie die boorling van Savannah, Georgia onder gekry nie en het hy met ’n uitstekende totaal van 13-onder-die-baansyfer afgesluit.

Vier spelers – naamlik Jason Day , Joohyung Kim , Jon Rahm en Sepp Straka was 2de terwyl Emiliano Grillo en Rory McIlroy 6de geëindig het op 6-minder-as-baansyfer.

Louis Oosthuizen het die beste onder die S.A. spelers gevaar en sy toernooi in die gesamentlike 23ste plek afgesluit met ’n telling van gelyk aan baansyfer.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×