GHOLF – Viktor Hovland het ook die afgelope naweek een van sy beste rondtes gespeel toe hy ook met die BMW Kampioenskapstitel weggestap het in die Amerikaanse PGA-reeks.
Sy setyster oor die laaste 9 putjies op die Olympia Fields-baan in Chicago was vuurwarm want die Noorweër het 7 voëltijes behaal om ook sodoende ’n nuwe baanrekord van 61 houe op te kon stel.
Hovland het s toernooi op 17-houe-minder-as-baansyfer afgesluit gevolg deur Scotty Scheffler en Matt Fitzpatrick in die 2de plek met Rory McIlroy wat alleen 4de geëindig het op 12-onder-syfer.