Die Chileen Joaquin Niemann het sy mond uitgespoel oor die feit dat LIV-spelers belet word om aan die Presidentebeker deel te neem en gesê dat dit die wêreld se bestes verhoed om hul staal in hierdiè prestige toernooi ten toon te stel.
Die Amerikaanse PGA-reeks wat aan die stuur van sake staan by die Presidentebeker-reeks het sedert sy ontstaan hierdiè rebelle spelers verbied om aan sy toernooie deel te neem.
S.A. se Louis Oosthuizen en Dean Burmester wat ook LIV-spelers is sou ook goeie opsies vir die Internasionale span gewees het terwyl Christiaan Bezuidenhout – wat tans in die PGA-reeks sy bankbalans in die groen hou – wel vanaf 26 tot 29 September in Montreal sal afslaan.