GHOLF – Die $300 000 Joburg Dames Ope slaan ook in April maand af as die 1ste van 2 toernooie op die Sonskyn Toer in samewerking met die Dames Europese Toer by die Modderfontein gholfklub.

Meer as ‘n 100 van die wêreld se beste spelers sal by die toernooi in aksie wees wat hulself ook beywer om jong dames te bemagtig en op te bou asook om op te staan vir hul waardigheid en regte.

Die “Birdies-for-Dignity”  inisiatief sal hierdiè boodskap uitdra elke keer as ’n speler ’n voëltjie aanteken waar geskenkpakke geborg sal word om aan die behoeftes van Johannesburg se meisies in nood te help voorsien.

*Die toernooi duur van 18  tot 21 April.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×