GHOLF – Die Amerikaner Dustin Johnson het Sondag die LIV Uitdaag-reeks titel in Boston op die eerste uitspeel putjie beklink toe hy met ‘n reuse sethou vir ‘n arend van 35 voet na die vlaggie suksesvol was.

Die voormalige wêreld nommer een en 2-malige Major-wenner het ‘n finale ronde van 5-onder-65 gespeel wat 6 voëltjies en een brouhou ingesluit het terwyl Anirban Lahiri en Joaquin Niemann hulle debuut by diè rebelle-reeks gemaak het en met onderskeidelik rondes van 64 en 66 uitgespeel het.

Die 5de toernooi in die LIV-reeks word oor 2 weke voortgesit by Rich Harvest Farms buite Chicago.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×