GHOLF – Met die 87ste Amerikaanse Meesters gholftoernooi wat verskeie kere deur die onstuimige weer onderbreek is het Jon Rahm die storms trotseer en sy 2de Major met ’n sprankelende sege van 4 houe gister op Augusta gewen.
Diè Spanjaard het geëindig op 12-houe-minder-baansyfer terwyl die Amerikaanse duo van Brooks Koepka en Phil Mickelson gesamentlik 2de was op 8-onder-die-baansyfer.
Rahm het met diè oorwinning sy bankrekening met $3.24 miljoen laat groei en ook daardiè gesogte groen baadjie aangetrek wat ook weer van hom die nommer 1 speler in die wêreld maak.