GHOLF – Die Engelsman Justin Rose het vir vandeesmaand se Britse Ope gekwalifiseer terwyl sy Ryder-beker spanmaat Sergio Garcia nie plek kon kry nie.
Rose wat die 2013 Amerikaanse Ope wenner was het 1 van die 4 plekke opgeraap terwyl Garcia 2 houe agter die top 4 geëindig het. Diè Spanjaard wat nog steeds baie gewild onder toeskouers is het ’n paar brouhoue op kritieke omblikke afgestaan. Die aantal mense wat hulle gevolg het , het veroorsaak het dat sy spelersgroep gewaarsku was oor stadige spel en dit op die einde ’n besliste uitwerking op die voormalige Meesters kampioen gehad het.
*Die 152ste Britse Ope word tussen 18 en 21 Julie op Royal Troon in Skotland beslis.