GHOLF – Die 2-malige major  wenner Justin Thomas het vroeg die voortou geneem op Dag 1 van die Skotse Ope nadat hy ’n foutlose 62 gespeel het.

Diè Amerikaner was op koers om slegs die 2de speler in die geskiedenis te word om ’n rondte van 59 in die Europese DP World Tour  te kon vermag maar het slegs gelyk-aan-baansyfer speel oor die laaste 5 putjies.

Suid-Korea se Im Sung-jae was 1 hou verder op -7 terwyl die verdedigende kampioen Rory McIlroy die gesamentlike 8ste plek met 14 ander spelers gedeel het op -5.

*Dylan Frittelli het die beste onder die Suid-Afrikaners gevaar en ’n openingsronde van 3-minder-as-baansyfer gespeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×