Kaapstad kan moontlik in 2026 gasheer speel vir die heel eerste LIV-toernooi in Suid-Afrika.
Die Amerikaner Bryson DeChambeau wat die afgelope naweek die LIV-toernooi in Korea gewen het, het gesê dat dit ’n wonderlike geleentheid vir die land kan wees en dat hy graag onder die hange van Tafelberg sy dryfhout saam met onder andere Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel die praatwerk wil laat doen.
Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur Gayton McKenzie was ook die afgelope naweek ’n gas van span Stinger GC wat onder andere Oosthuizen en Scwartzel ook insluit en sê planne om die LIV-reeks na Suid-Afrika te bring vorder goed.
*Daar was voorheen gerugte dat die Gary Player-baan by Sun City of Fancourt in George gasheer kan speel maar DeChambeau het reeds laat deurskemer dat die Moederstad die finale groenlig kan kry.