GHOLF –  Die Nieu-Seelander Lydia Ko het haar beste vir laaste gebêre toe sy ook die afgelope naweek die LPGA Toer Kampioenskapstoernooi by die Tiburon Buiteklub in Florida gewen het.

Ko het ‘n totale ronde van 271 houe gespeel en ook 2 houe voor Ierland se Leona Maguire geëindig wat haar finale ronde gelyk aan baansyfer afgesluit het terwyl Anna Nordqvist van Swede een hou verder terug 3de geëindig het op ‘n groot totaal van 274 14-minder-as-baansyfer.   

Ko wat ook 8 jaar gelede as die kampioen hier gekroon is en ook haar 19de oorwinning op die Toer behaal het, het met prysgeld van $2 miljoen weggestap en is ook met die Speler-van-die-Jaar toekenning beloon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×