Die PGA-toer het die gholfspelers benoem vir die Jack Nicklaus- en Arnold Palmer-toekenning, wat gaan aan die speler van die jaar en nuweling van die jaar.
Die wêreld se beste mansgholfspeler, Scottie Scheffler, die twee-malige major wenner, Xander Schuaffele, en die DP World Tour-kampioenskapswenner, Rory McIlroy, is op die kortlys vir die toekenning van PGA se Speler van die Jaar vir 2024.
Op die kortlys vir PGA se Nuweling van die Jaar is die Fransman Matthieu Pavon, en Amerikaners Nick Dunlap, Jake Knapp en Max Greyserman.
Lede van die PGA-toer sal stem vir die wenner deur tot en met 4 Desember.