GHOLF – Die Australiër Minjee Lee het Sondag die 77ste Amerikaanse Vroue Ope toernooi op skitterende wyse gewen toe sy haar 2de Major op Pine Needles in Noord-Carolina verower het.

Die 27-jarige Lee wat van Perth afskomstig is het ‘n gelyk-aan-baansyfer-71 gespeel vir ‘n rekord totaal van 13-onder-271.

Die Amerikaner Mina Harigae het 2de geëindig op 9 minder as baansyfer terwyl Choi Hye-jin van Korea ‘n verdere twee houe terug in die 3de plek klaaargemaak het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×