GHOLF – Huidige spelers wat deur die PGA geskors was na aanleiding van hul verbintenis met die LIV-reeks kan nou met ’n breë glimlag rondloop nadat die Augusta Nasionale Gholfklub ook bekendgemaak het dat hierdiè spelers ook welkom is om aan die 2023 Meesters Toernooi deel te neem.
Fred Ridley – Voorsitter van die Augusta klub – het ook in ’n verklaring gesê dat die stryd wat tussen die PGA en die LIV-reeks woed professionele gholf nadelig beïnvloed het en dat hulle ook teleurgesteld is in die wedersydse aksies van diè twee partye maar dat hul uitsluitlike doelwit is om die beste gholfspelers in die wèreld bymekaar te bring vir hierdiè prestige geleentheid op die gholf kalender.
Die 87ste Meesters Toernooi vind plaas tussen 6 en 9 April in Georgia.