GHOLF – Met die Nedbank-uitdaagtoernooi wat ook môre by Sun City afslaan sal ’n meer ervare Zander Lombard ook sy oë gefokus hou op diè gesogte titel.
In ’n gholfjaar wat min hoogtepunte opgelewer het vir Suid-Afrikaanse spelers het Lombard ook gesê dat hy niks het om te verloor nie en wil sy 2019 vertoning op die Gary Player-baan probeer verbeter waar hy gesamentlik afgesluit het in die 8ste plek.
Net Branden Grace kon tot dusver Afrika se Major die laaste paar jare wen toe hy in 2017 met die wennerstrofee kon spog.
Diè toernooi met ’n totaal van 66 spelers wat die verdedigende kampioen Tommy Fleetwood insluit duur tot Sondag.