GHOLF– Hideki Matsuyama het Sondag op dramatiese wyse die Sony Ope in Hawaii gewen toe hy op die 1ste uitspeelronde ‘n arend sethou van bykans ‘n meter ingerol het om as die kampioen gekroon te word.

Die Wenner van 2021 Meesters-toernooi was in ‘n tweestryd met Russell Henley oor die laaste 9 putjies gewikkel maar die Amerikaner het sy wenkans op die 18de verbrou toe hy nie die middel van die blikkie kon vind nie.

Matsuyama is nou saam met KJ Choi van Suid-Korea die enigste twee spelers van Asië wat 8 PGA Toer oorwinnings op hul kerfstok het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×