GHOLF – Graeme McDowell – voormalige Amerikaanse Ope kampioen – is dit eens dat die wêreldranglys onakkuraat en irrelevant gaan word as daar nie punte toegeken gaan word vir spelers wat aan die LIV gholfreeks deelneem nie.

Die 2-malige major wenner Dustin Johnson wat ook die individuele titel in die LIV-reeks Sondag in Bangkok gewen het, het nie enige wêreldranglys punte vir hierdiè oorwinning ontvang nie en volgens McDowell is die huidige stand van sake in professionele gholf nie gesond nie.

Johnson het reeds na die 24ste plek op die wêreldranglys teruggesak en McDowell het bygevoeg dat die Rebelle-reeks alles in hul vermoë om die Raad Van Die Amptelike Wêreld Gholf Ranglys te oortuig dat hulle nog steeds alles volgens die boek doen en die spelers daar buite op dieselfde behandeling en punte geregtig is as diegene wat aan die huidige PGA Toer deelneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×