GHOLF – Rory McIlroy het die voortou geneem in die PGA Kampioenskaps-toernooi by Southern Hills in Oklahoma.

McIlroy – ‘n 4-malige major wenner het goed begin deur vier voëltjies in ‘n ry te behaal. Die langverwagte terugkeer van Tiger Woods het die toeskouers ook gaande gehad en hy was op elke putjie met ‘n groot gejuig begroet.

Dean Burmester het die beste onder die Suid-Afrikaners gevaar en ook homself onder die voorlopersgroep bevind.

Diè toernooi met prysgeld van $12 miljoen duur tot Sondag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×