GHOLF – Die 33-jarige Rory McIlroy is na ‘n afwesigheid van 2 jaar weer die wêreld se beste speler nadat hy Sondag sy titel in die CJ-Beker toernooi suksesvol verdedig het.

Die boorling van Noord-Ierland het met een hou gewen nadat hy die laaste dag met ‘n ronde van 67 houe afgesluit het met ‘n telling van 4-houe onder die baansyfer.

Dit was ook McIlroy se 23ste oorwinning in die PGA-reeks en het ook gesê dat hy baie hard die laaste jaar aan sy spelpeil gewerk het om weer diè boonste trappie in hierdiè sportsoort te bereik het.

McIlroy het vir Scotty Scheffler uit die nommer 1 posisie gelig nadat die Amerikaner met ‘n telling van 1-onder-syfer 70 in die gesamentlike 45ste plek klaargemaak het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×