Die Ierse gholfspeler, Rory McIlroy, is die afgelope Sondag gekroon as die kampioen van die Europese DP World-reeks se Race to Dubai.

McIlroy het die DP World-jaareindtoernooi op die Jumeirah-landgoed se Earth Course in die eerste plek afgesluit met ‘n telling van 15-houe minder as die baansyfer.

Hy klop die Deen Rasmus Hojgaard met twee houe.

Dit is die sesde Race to Dubai titel vir McIlroy, en hy wen die Harry Vardon-trofee vir ‘n derde agtereenvolgende jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×