GHOLF – Nadat die PGA besluit het om spelers wat aan die LIV Rebelle-reeks deel te neem summier te skors het Phil Mickelson en 10 ander spelers voortgegaan om op hul regte te staan en het nou die Spelers Assosiasie gedagvaar rondom hul deelname aan diè uitnodigingsreeks.

Mickelson – wenner van 6 majors –  is die spreekbuis vir die groep wat onder andere Ian Poulter , Matt Jones , Hudson Swafford , Talor Gooch en Bryson DeChambeau insluit.

Die groep voer aan dat die PGA die Rebelle-reeks as mededinger sien en hul sodoende wil onderduk en met lewenslange skorsing dreig al het sommige net in ‘n enkele toernooi verskyn.

Mickelson & Kie vra in hofstukke om diè straf as onwettig te verklaar en eis vir skadevergoeding van die PGA en ook dat hul regskoste betaal moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×