GHOLF  –Die Suid-Afrikaanse  gholfspeler Dylan Mostert het kalm onder druk gebly om seker te maak dat hy sy eerste titel op die Sonskyn Toer naamlik die Kit Kat Group Pro-Am kon inpalm.

Mostert het ‘n puik finale ronde van 68  17-onder syfer gespeel  en 3 houe voor MJ Viljoen klaargemaak terwyl Louis Albertse alleen in die 3de plek was op 12 houe minder as baansyfer.

Die Pro-Am kompetisie was ook gewen deur die span van MJ Viljoen en Japie Holtzhausen met ‘n totaal van 91 punte gevolg deur die spanne van Madalitso Muthiya saam met Nash Soni en Hennie O’Kennedy en Moe Mitha wat die 2de plek gedeel het op 89 punte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×