GHOLF –  ‘n Amerikaanse regter het ‘n aansoek vir ‘n interdik van 3 spelers wat in die LIV rebelle-reeks speel van die hand gewys om van môre af aan die FedEx Beker se uitspeelrondes in Memphis deel te neem.

Die Aussie Matt Jones en sy Amerikaanse kollegas Talor Gooch en Hudson Swafford is van die spelers wat deur die PGA Toer geskors is nadat hulle in Junie in die 1ste toernooi van diè Saoedi-gebaseerde reeks afgeslaan het.

Van die ander groot name wat by die LIV-reeks aangesluit het is Dustin Johnson en Hendrik Stenson wie se beursies gewaarborg is van prysgeld van $25 miljoen per toernooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×