GHOLF – Die kaptein van die Internasionale Presidentebeker span Trevor Immelman het die PGA-reeks gevra om redes te verskaf waarom Louis Oosthuizen nie vir diè toernooi verkiesbaar mag gewees het nie.
Oosthuizen wat hierdie jaar in sy 5de Presidentebeker-toernooi sou speel het egter as lid van die PGA-reeks bedank voordat hy hom by die LIV-rebellereeks aangesluit het en die hoop gehad dat hy wel in aksie sou wees in die toernooi wat op die Quail Hollow baan gespeel word.
Immelman het vir ‘n verduideliking hieroor by die PGA-Toer aangevra aangesien daar nie reëls is wat spesifiseer dat ‘n speler lid van die PGA-reeks moet wees om vir ‘n internasionale span te gekies kan word nie.
Die PGA het aan Immelman meegedeel dat Oosthuizen egter aankondigings gemaak en homself vir bemarkingsveldtogte beskikbaar gestel het alvorens hy deur die PGA vrygestel is waar hy dus ‘n paar oortredings begaan het en bewus was van die moontlike nagevolge wat dit mag inhou.