GHOLF – Padraig Harrington die legendariese Ierse speler wat 3 majors in sy loopbaan gewen het is Maandag by die Wêreld Gholf se heldesaal ingehuldig.
Diè 52-jarige het die Britse Ope in 2007 en 2008 gewen sowel as die PGA-kampioenskap in dieselfde jaar.
*Harrington was in 2006 die Orde van Meriete-wenner en is die daaropvolgende 2 jare ook as die Europese reeks se Speler-van-die-Jaar aangewys.