GHOLF –  Met die 87ste Amerikaanse Meester gholfstoernooi wat vandag op Augusta afslaan sal een van Suid-Afrika se jong opkomende sterre ook ’n aanslag op diè gesogte titel maak.

Aldrich Potgieter gaan saam met landgenoot Charl Schwartzel en die Amerikaner Taylor Moore speel waar hy ook slegs die 5de Suid-Afrikaanse speler is wat aan diè toernooi as ’n amateur gaan deelneem.

Potgieter is uitgenooi nadat hy in 2022 die Britse Amateur kampioenskap op Royal Lytham & St. Annes gewen het.

Daar was nog net 3 amateurs in die geskiedenis wat ‘n 2de plek kon behaal het naamlik Frank Stranahan in 1947 , Ken Venturi in die jaar 1956 en Charles Coe in 61’.

Altesaam 88 van die wêreld se beste spelers sal om die prysgeld van $15 miljoen meeding waar die wenner met $2.7 miljoen en ook daardie gesogte groen baadjie sal wegstap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×