GHOLF – Die Amerikaner Patrick Reed wat die PGA Toer vir die LIV rebelle-reeks verruil het gaan ook nou ‘n lastereis van $750 miljoen teen die televisie netwerk The Golf Channel en kommentator Brandel Chamblee instel.

‘n Amerikaanse hof het bepaal dat “berekende, kwaadwillige en roekelose aanvalle” op Reed hom groot finansiële skade laat lei het wat multi-miljoen dollar borgskappe inlsuit.

Dit kom na aanleiding van uitlatings wat Chamblee – ook ‘n voormalige PGA speler – teenoor Reed gemaak het dat hy ‘n bedrieër is en dat Reed ook beweer dat Chamblee alle spelers nou kritiseer wat die PGA vir die LIV reeks verruil het.

Volgens Reed het Chamblee ook probeer om reeds van vroeg in sy loopbaan sy reputasie te skaad en ook om ‘n vyandige werksomgewing vir hom te skep.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×