Die Amerikaanse nuweling op die gholftoneel Ryggs Johnston het sy vermoë en vaardigheid ten toon gestel om sy eerste professionele titel by die Australiese Ope te verower.
Johnston het ‘n 68 in die laaste ronde gekaart wat ‘n arend en vyf voëltjies ingesluit het om op 18 onder baansyfer te eindig in die DP Wêreldtoernooi wat in Melbourne gehou is.
Die 22-jarige het drie houe voor die plaaslike gunsteling Curtis Luck geëindig en vier voor Marc Leishman en Jasper Stubbs.
In die vrouekompetisie het Suid-Korea se Shin Ji-yai haar oorheersing getoon deur haar 65 ste loopbaantitel te kon inpalm.