GHOLF – Die Suid Afrikaanse gholf legende John Bland het Dinsdagoggend sy stryd teen kanker verloor op die ouderdom van 77.

Blandy – soos hy alom bekend gestaan het – se beroepsloopbaan het in 1969 begin waar hy ook uiteindelik ’n totaal van 36 toernooie gewen het.

Bland sal ook onthou word in veral die tweestryde waarin hy met Gary Player betrokke was. In 1977 wen hy die Suid-Afrikaanse PGA Kampioenskap maar val toe in 1981 teen Player in die S.A. Ope vas in ’n uitspeelwedstryd op die Royal Johannesburg-baan.  

John – wat ’n beste plek van 48ste op die wêreldranglys beklee het – was ook 4 keer die topspeler in die Sonskynreeks en het ook die kampioene-reeks titel vir seniors in die Amerikaanse PGAreeks 5 keer ingepalm terwyl hy ook 3 keer die wenner was op die Legends Toer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×