Die wêreld se voorste mansgholfspeler, Scottie Scheffler, het onttrek van die American Express-toernooi.
Scheffler het sy hand met ‘n gebreekte glas gesny op Kersdag en moes ‘n operasie ondergaan om al die glasstukke te verwyder.
Daar was verwag dat hy vier weke nodig gaan hê om te herstel.
Volgens die speler, beoog hy om sy 2025 debuut te maak by die AT&T Pebble Beach Pro-Am-toernooi wat op 30 Januarie begin.