Die wêreld se voorste mans gholfspeler Scottie Scheffler het Sondag ‘n rekord geëwenaar by die Albany-gholfbaan in die Bahamas.
Scheffler het die Hero-uitdaagtoernooi vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar gewen met ‘n laaste rondte telling van 63 wat 25-houe minder as die baansyfer vir die toernooi was.
Die oorwinning sien dat Scheffler die jaar afsluit met nege titels wat nie sy goue medalje van die Olimpiese Spele in Parys insluit nie.
Scheffler sluit hom aan by Tiger Woods en Vijay Singh vir die rekord vir die meeste titels in ‘n seisoen.
Woods het in die jaar 2000 nege titels ingepalm terwyl Singh dit in 2004 vermag het.