Scottie Scheffler is oorgehaal en gereed vir die  AT&T Pebble Beach Pro-Am  na ‘n fratsongeluk hom uit die eerste paar PGA-toernooie van 2025 gehou het.

Scheffler het sy hand met ’n gebreekte glas gesny terwyl hy besig was om op Kersdag Ravioli  voor te berei het. Rory McIllroy wat tans die derde beste speler in die wêreld is het ook so bietjie humoristiese advies aan sy kollega en wêreld nommer een gegee deur te gesê het dat hy darem genoeg geld verdien het om ’n sjef te kon aanstel wat vir hom eerder die kookwerk moet doen.

Scheffler her $62 miljoen in 2024 verdien waar hy sewe PGA-titels gewen het en ook vir ’n derde agtereenvolgende seisoen as Speler van die Jaar aangewys is.

Die  AT&T Pebble Beach Pro-Am  toernooi met prysgeld van $20 miljoen slaan Donderdag af en duur tot Sondag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×