Die Amerikaanse gholfspeler en Olimpiese kampioen, Scottie Scheffler sal in ‘n goeie posisie wees om die FedEx-beker te verower by die PGA-reeks se toerkampioenskap die naweek.

Met hoe die kampioenskap gestruktureer is, sal Scheffler, wat die voorloper is op die FedEx-beker punteleer, die toernooi begin op 10-houe minder as die baansyfer.

Dit kom na Scheffler ses toernooie in die PGA-reeks gewen het.

Hy sal ‘n voorsprong van twee houe hê oor Xander Schauffele, wat begin op agt houe minder as die baansyfer.

Die Suid-Afrikaner, Christiaan Bezuidenhout is in die 29ste plek op die FedEx-beker lys, en begin die toernooi gelyk aan baansyfer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×