Gholf se wêreld No 1 Dustin Johnson het nee gesê vir ‘n plek in Amerika se Olimpiese Spele span

Gholf se wêreld No 1 Dustin Johnson het nee gesê vir ‘n plek in Amerika se Olimpiese Spele span.

Dustin Johnson het gesê dat reiskwessies rondom gholftoernooie hom daartoe gelei het om nie die Amerikaanse span te oorweeg om aan die Olimpiese Spele in Tokio deel te neem nie.

Johnson het gesê dit is baie reis in ‘n tyd waar dit vir hom belangrik is om op die PGA-toernooi te fokus.

Hy sê ook die Olimpiese Spele op 29 Julie -1 Augustus is te naby aan die Britse Ope wat op 15 tot 18 Julie in Engeland plaasvind en die WGC St. Jude in Memphis op 5 tot 8 Augustus.

Luister na potgooie hieronder