GHOLF  –  Die gesegde lei: Aanhouer wen.

Dit is presies wat die legendariese Vijay Singh van Fidji na 16 probeerslae vermag het toe hy en sy 32-jarige seun Qass Sondag met die louere weggestap het in die PNC-gholftoernooi in Orlando, Florida.

Diè toernooi bestaan uit voormalige major wenners wat saam met familielede in ’n spankompetisie formaat deelneem.

Die Singh’s het op 26 houe beter as baansyfer geëindig wat 2 houe beter was John Daly Sr. en Jr. asook Justin Thomas wat saam met sy pa Mike gespeel het terwyl Tiger en Charlie Woods met ‘n 8ste plek uit 20 deelnemende spanne tevrede moes wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×