GHOLF – Leon Vorster – ‘n plaaslike speler van die Parys gholfklub – het ’n agtersprong van 2 houe uitgewis om sy 1ste Altron Big Easy Tour titel Donderdag op -13 by die Blue Valley buiteklub in Centurion te wen.
Hy het ’n laaste ronde van 67 gespeel wat 6 voëltjies ingesluit het terwyl Stals Swart en Werner Deyzel die gesamentlike 2de plek gedeel het ’n verdere 4 houe terug.
*Vorster het ook met diè oorwinning sy Sonskyn Toer-kaart vir volgende seisoen verwerf waar hy teen die beste spelers in die plaaslike reekse gaan meeding.