Tiger Woods het erken hy het ‘n lang pad om te gaan in sy herstel ná ‘n rugoperasie in September.
Terwyl hy sterker voel het Woods erken hy is nog nie gereed om op die hoogste vlak mee te ding nie.
Die gholflegende het laas in Julie mededingend by die Britse Ope gespeel en het in onlangse groot toernooie gesukkel om die afsnypunt te haal.