GHOLF – Nadat Tiger Woods se jarelange vennootskap met Nike na meer as 20 jaar tot ’n einde gekom het sal Woods nou weer met ‘n nuwe klerereeks en klereborg kan pronk.
TaylorMade gaan nou sy “Sun Day Red” oftewel SDR veldtog dryf wat die liefde vir gholf en mededinging op die baan vereenselwig.
Dit verwys na die 15-malige Major wenner se gewoonte om ’n rooi gholfhemp te dra vir die laaste rondes in toernooie met ’n tekening van ’n tier wat onderaan die knope van hemde aangebring is in plaas van die normale posisie waar die handelsmerk gewoonlik sal wees.
*Die SDR-reeks sal na verwagting vanaf die 1ste Mei in Noord-Amerika in die kleinhandel beskikbaar wees.