Die legendariese Turnberry-baan in Skotland wat aan aan President Donald Trump behoort gaan moontlik in die nabye toekoms weer gasheer speel vir die Britse Ope.

Turnberry het al vier keer vantevore diè Ope aangebied met die Amerikaner Stewart Cink wat die mees onlangse een in 2009 gewen het.

Volgens Mark Darbon, Uivoerende Hoof van die  Royal & Ancient Golf Club  sal diè beheerliggaam die uitvoerbaarheid van die venue eers moet evalueer wat veral deur pad, spoor en akkomodasie-infrastruktuur kwessies in die gesig gestaar word om die Britse Ope weer daar te kan aanbied.

Die 153ste uitgawe van diè legendariese toernooi word tussen 13 tot 20 julie op die Royal-Portrush-baan in Noord-Ierland beslis met nagenoeg 278 000  toeskouers wat by diè byeenkoms verwag word.

error: Inhoud is beskerm !!