GHOLF – Die 21-jarige Ryan van Velzen het ook sy 1ste sege op die Sonskyn Toer behaal toe hy Sondag in ’n spannende laaste rondte die Limpopo Kampioenskap op die Euphoria gholflandgoed gewen het.
As gevolg van moeilike weerstoestande is diè toernooi na 54 putjies verminder. Die aanvanklike voorloper Jaco Prinsloo was tot na die 16de putjie nog in beheer en 1 hou voor Van Velzen maar ’n dubbele brouhou op die 18de syfer-5 het sy titel droom sien wegkwyn.
Van Velzen het geëindig op 12-onder-baansyfer met Prinsloo , Luca Filippi en Daniel van Tonder wat die 2de plek gedeel het terwyl Jean-Paul Strydom op 10-houe-minder-as-baansyfer alleen 3de was.
Van Velzen het met hierdiè oorwinning verseker dat hy nou ook in elke toernooi op die Sonskyn en DP Wêreld Toer van volgende seisoen af sy verskyning sal kan maak.