GHOLF –  Tiger Woods wie se netto bates rondom $1 biljoen gewaardeer is het onlangs ‘n baie aanloklike aanbod van die hand gewys om sy bankrekening te verdubbel het.

Die LIV Rebelle-reeks se Uitvoerende Hoof – Greg Norman – het gesê dat daar onderhandelinge met Woods was om hom by diè reeks te betrek het maar die Tiger het nee gesê vir ‘n aanbod van tussen $700 en $800 miljoen.

Woods wat lojaal teenoor die PGA Toer bly het verder bygevoeg dat die spelers wat die besluit geneem het om by die Rebelle-reeks aan te sluit hul rug op diè organisasie gekeer het wat hulle in die eerste plek ‘n geleentheid in professionele gholf gebied het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×