GHOLF – Tiger Woods gaan na verwagting met sy kollegas op die PGA Toer in gesprek tree om die bedreiging wat die LIV Rebelle-reeks vir diè spel inhou onder die vergrootglas te bring.

‘n Anonieme speler op die PGA Toer het laat blyk dat die top 20 spelers in die wêreld bymekaar moet staan en uit een mond praat om sodoende die PGA Toer steeds die beste produk in professionele gholf te maak.

Die rebelle-reeks het reeds groot name soos Dustin Johnson , Bubba Watson en Suid-Afrika se Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen op hulle boeke met 9-syfer bedrae.

Woods wat lojaal teenoor die PGA bly het dit weereens beklemtoon dat spelers wat by die LIV-reeks aangesluit het hul rug op die assosiasie gekeer het wat hulle in die eerste plek op die kruin van professionele gholf geplaas het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×