GHOLF – Die 15-malige Grand Slam wenner Tiger Woods sal nie vanjaar sy verskyning by die Amerikaanse PGA toernooi maak nie nadat hy nog nie volkome van ’n enkeloperasie herstel het nie.

Daar was wel sprake dat die 47-jarige Woods sy opwagting by die 2de Major van die jaar sou maak maar diè gerugte is in die kiem gesmoor.

Jordan Spieth – wat ook las van ’n gewrigsbesering het – het ook onttrek uit die Byron Nelson-toernooi wat vandag in Dallas afslaan maar sal wel gereed is vir hierdiè PGA grote en alles in die stryd sal werp om ook sy loopbaan Grand Slam te voltooi.

Die voormalige wêreld nommer 1 Rory McIlroy sal ook op soek wees na sy 1ste grote in 9 jaar.

Die Amerikaanse PGA wat by die Oak Hill-buiteklub in New York gespeel word slaan af op die 18de Mei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×