GHOLF – Weens die onstuimige weerstoestande in Noord-Kalifornië is die AT&T Pebble Beach Pro-Am toernooi na 54 putjies verminder waar die Amerikaner Wyndham Clark met die titel weggestap het.

Die PGA Toer se Reëls Komitee het Clark aangewys as die wenner van sy 3de PGA Toer titel met ’n totaal van -17 oor 3 rondes.

*Ludvig Aberg van Swede was 1 hou verder terug terwyl die Fransman Matthieu Pavon in die 3de plek op -15 geëindig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×