‘n Hamas-bevelvoerder is volgens Israel in een van sy aanvalle op ‘n digbevolkte vlugtelingkamp in Gasa dood.
Die aanval het volgens Reuters die lewe van minstens 50 Palestyne geëis, terwyl die Israeliese weermag bygevoeg het dat 11 soldate ook in gister se aanval dood is.
Dit beteken gister is die bloedigste dag, sedert gewapende Hamas-militante die suide van Israel op 7 Oktober aangeval het.
Sowat 300 soldate en meer as ‘n duisend burgerlikes is in hierdie die aanval dood.