Gistermiddag se Super Unlocked-wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs gekanselleer

Gistermiddag se Super Unlocked-wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs op Ellispark is op die nippertjie gekanselleer na twee spelers van die Leeus positief vir Covid-19 getoets het. Verskeie ander spelers van die Johannesburgse franchise het verlede week ook positief getoets. Gisteraand se kragmeting tussen die Bulle en die Haaie op Loftus Versfeld het wel voortgegaan met die Bulle wat nie minder nie as ses drieë ingeryg het om ’n bonuspunt-oorwinning van 41-14 oor die besoekers te behaal.

Luister na potgooie hieronder