Die vervreemde man en sakevennoot van die Glam Guru, Hannon Bothma, is veilig gevind.

Netwerk24 berig die 59-jarige Julius Swart is met behulp van sy selfoonrekords en bankstate in die Sandton-omgewing in Johannesburg opgespoor. Speursers. Phillip Munyai van die Bramley-polisiekantoor het aan die mediahuis bevestig Swart is veilig.

LEES MEER: Selfoonrekords kan dalk help om Hannon se Julius op te spoor

Swart het net meer as twee maande gelede verdwyn, en Bothma het hom as vermis by die polisie aangemeld nadat hy hom sedert 23 Januarie nie in die hande kon kry nie.

Swart en Bothma is in ‘n ingewikkelde egskeiding gewikkel. Daar is versoek om Swart se privaatheid in hierdie tyd te respekteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×