Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het gesê hy sal nie bedank weens die ommeswaai oor die voorgestelde belastingverhoging nie.
Business Tech berig Godongwana het vroeër ‘n verhoging van die BTW voorgestel, maar het dit later gekanselleer na druk van opposisiepartye.
Hy het aan Bloomberg TV gesê dit is sy grondwetlike plig om belastingwetsontwerpe voor te stel en het beklemtoon dat hy geen onregverdigheid gepleeg het nie.
Die voorstel het die koalisieregering van nasionale eenheid bedreig, maar Godongwana het gesê daar sal ‘n herwaardering van die begroting se besteding wees om die begrotingstekort van R75 miljard te hanteer, wat moontlik implikasies vir sekere items sal hê.